Sutta Nipāta 5.8
Die vrae van Nanda
‘Mense sê daar is “wyses” in die wêreld; waarom noem hulle so een “wys”, dink u:
omdat hy kennis bereik het, of omdat hy ’n lewenswyse bereik het?’‘Mens is “ ’n wyse”, sê die kenners, nie op grond van
dogma of geleerdheid of kennis nie, o Nanda;
ek verklaar dat “wyses” mense is wat die vyand ontwapen het:
wat leef sonder woede en begeerte.’‘Deurlugtige, ek vra u om my te sê:
as brahmane en askete beweer dat suiwerheid kom
uit dogmas en geleerdheid,
reëls en geloftes
of ander vorme,
het hulle dan hier waar hul leef, Heer Deurlugtig,
gebore word en oud word oorskry?’‘As brahmane en askete beweer dat suiwerheid kom
uit dogmas en geleerdheid,
reëls en geloftes
of ander vorme
het hulle nie, o Nanda—sê ek—
hier waar hul leef
gebore word en oud word oorskry nie.’‘Deurlugtige, ek vra u om my te sê:
as brahmane en askete beweer dat suiwerheid kom
uit dogmas en geleerdheid,
reëls en geloftes
of ander vorme
en as u, o wyse, sê dat hulle deur die vloed nie kom nie—
wie in die wêreld van gode en mense, Heer Deurlugtig,
het dan gebore word en oud word oorskry?’‘Nanda, ek sê dat nie alle brahmane en askete
in gebore word en oud word gehul is nie:
mense wat hier ontslae raak
van wat gesien, gehoor en gedink word,
van alle reëls en geloftes
en van alle ander vorme,
wat begeerte prysgee
en sonder smette is
noem ek vloed-oorstekers.’‘Ek is verheug oor die woord van die groot siener!
Gotama, vryheid van bestaansverknogtheid het u goed verduidelik:
wie hier ontslae raak
van wat gesien, gehoor en gedink word,
van alle reëls en geloftes
en van alle ander vorme,
wat begeerte prysgee
en sonder smette is
noem ook ek vloed-oorstekers.’